We are currently fetching the latest price and availability from supplier
We are currently fetching the latest price and availability from supplier
Hierdie bundel is die opvolger van die baie suksesvolle Rympies vir Pikkies en Peuters wat in 2015 verskyn het. Met sy prettige volkleur-illustrasies bied dit ’n keurversameling verse spesiaal saamgestel vir drie- tot vyfjariges. Rympies vir Kleintjies en Kleuters sal tuis wees in elke huis – om nie te praat van kuiertyd by Ouma en Oupa nie!
Hierdie bundel is die opvolger van die baie suksesvolle Rympies vir Pikkies en Peuters (Tafelberg, 2015). Met prettige volkleur-illustrasies bied dit ’n keurversameling verse vir 3 tot 5-jariges. Digby 400 rympies deur meer as 100 skrywers dek al die onderwerpe wat deel is van kleintjies se leefwereld. Aangesien die bundel sorgvuldig beplan is om aan nasionale opvoedkundige vereistes te voldoen, vorm dit ’n onmisbare hulpmiddel vir opvoeders in speelskole.’n Nuttige gebruiksgids is ingesluit.