We are currently fetching the latest price and availability from supplier
We are currently fetching the latest price and availability from supplier
Bekende Bybelstories gekombineer met kostelike waterverf-illustrasies leer kleingoed meer oor God se verhouding met sy mense.
Hierdie tydlose stories uit die Bybel is die ideale manier om kinders tussen 3 en 6 jaar aan die Bybel bekend te stel. In Die Bybel vir kinders word bekende Bybelstories gekombineer met kostelike waterverf-illustrasies. Kinders sal die stories uit die Ou en Nuwe Testament oor God se verhouding met sy kinders geniet. Die stories sluit in Abraham se groot trek, die mure van Jerigo, Daniel in die leeukuil, Jesus se geboorte in Betlehem, die laaste ete en ander. Die pragtige illustrasies en tydlose teks maak hierdie Bybel die ideale geskenk vir klein hartjies. Beide kinders en ouers sal dit koester.